🏉 HAVIES OP LOFTUS 🏉
30.05.2026
Marco van Staden nooi ons 0/8 Havie-rugbymanne om een van sy wedstryde te kom kyk. Refleksie: Vir sekeres dalk iets algemeen, vir ander 'n eens in 'n leeftyd geleentheid wat gegun is. 'n Klein daad en verantwoordelikheid soos om 'n kind na 'n rugbystadion toe te vat, klink dalk soos 'n rugbydag, vir seuns soos ons sin, beteken dit "iemand glo in my". Dankie dat ons Havie-personeel vandag die voorreg gehad het om die seuns te kon bederf en na hul eerste Loftus-uitstappie te kon vat. Dankie aan Marco van Staden vir jou opregte liefde en omgee teenoor #onsskool vandag en dat jy dit moontlik gemaak het. Vandag is drome waar gemaak. Jy verstaan nie wat vandag beteken het nié. Hou so aan. Jy is voorwaar 'n rolmodel, mag jy geseënd wees en dit wat jy saai veelvuldig terugkry. Havie-personeel, julle is enig in jul soort en julle laat die lig nog helder skyn daagliks. Eks trots om dit saam julle te kan doen. Juffrou Lizelle, jy het weereens bewys hoe jy iets kan reël. Dankie vir jou! Dit was ń dag wat ons nooit sal vergeet nie! Mnr. Hugo Hoof #onsskool #haviesoploftus #dromewordwaar
Word deel van
die Havie-familie.
Kontak ons vandag nog vir meer inligting oor inskrywings.