LAERSKOOL DR.
HAVINGA
Meer Inligting
Ons Waardes
Integriteit, Respek, en Uitnemendheid vorm die fondasie van alles wat ons doen by Dr. Havinga.
Bou aan 'n
Beter Môre.
Ons Visie
Om 'n dinamiese leeromgewing te skep waar waardes en innovasie mekaar ontmoet om toekomsgerigte leiers te kweek.
Ons Missie
Geloof & Waardes
Godsdienstige en morele waardes as ons anker.
Progressiewe Onderwys
Innoverende en wêreldklas onderrigprogramme.
Toegewyde Personeel
Bekwame opvoeders met 'n passie vir kinders.
Ondersteuning van Ouers
Vennootskappe wat 'n verskil maak in opvoeding.
Akademie
Ons streef daarna om elke leerder se potensiaal ten volle te ontwikkel om hul plek in die samelewing te kan volstaan.
Lees meer
Kultuur
Ons skool het verskeie kultuuraktiwiteite soos koor, redenaars en revue waar leerders hul talente ontwikkel.
Lees meer
Sport
“ń Gesonde liggaam huisves ń gesonde gees”. Havies moedig massasdeelname aan met trots.
Lees meerHavie Nuusflitse.
🏉 HAVIES OP LOFTUS 🏉
Sport
30.05.2026
🏉 HAVIES OP LOFTUS 🏉
"Marco van Staden nooi ons 0/8 Havie-rugbymanne om een van sy wedstryde te kom kyk. Refleksie: Vir sekeres dalk iets algemeen, vir ander 'n eens in 'n leeftyd geleentheid wat gegun is. 'n Klein daad en verantwoordelikheid soos om 'n kind na 'n rugbystadion toe te vat, klink dalk soos 'n rugbydag, vir seuns soos ons sin, beteken dit "iemand glo in my". Dankie dat ons Havie-personeel vandag die voorreg gehad het om die seuns te kon bederf en na hul eerste Loftus-uitstappie te kon vat. Dankie aan Marco van Staden vir jou opregte liefde en omgee teenoor #onsskool vandag en dat jy dit moontlik gemaak het. Vandag is drome waar gemaak. Jy verstaan nie wat vandag beteken het nié. Hou so aan. Jy is voorwaar 'n rolmodel, mag jy geseënd wees en dit wat jy saai veelvuldig terugkry. Havie-personeel, julle is enig in jul soort en julle laat die lig nog helder skyn daagliks. Eks trots om dit saam julle te kan doen. Juffrou Lizelle, jy het weereens bewys hoe jy iets kan reël. Dankie vir jou! Dit was ń dag wat ons nooit sal vergeet nie! Mnr. Hugo Hoof #onsskool #haviesoploftus #dromewordwaar"
Skool
29.05.2026
🌱 DANKIE BIDVEST TOPTURF 🌱
"ń GROOT dankie aan Bidvest Topturf!! Hul het kompos en plantjies geskenk wat gebruik was tydens #onsskool se Opedag. Dit was verseker een van die leerders se gunsteling aktiwiteite. Ons waardeer julle ondersteuning en oop harte! #dankbaar #bidvesttopturf"
Kultuur
21.03.2026
🎪KASKAR-KARNAVAL '26🎪
"Wat ’n ongelooflike suksesvolle Kaskarkarnaval! 🎉🏁 Met hope lag, groot pret en soveel mooi herinneringe wat gemaak is. 😄🏎️ Die kreatiwiteit, spanwerk en gees van die dag was regtig besonders. ⭐💙 Dankie aan elke Havie, ouer en personeellid wat dit so spesiaal gemaak het. 🙌🤩 Ons sien reeds uit na volgende jaar se nóg groter kaskarkarnaval! 🏁🏎️💨🎊"